Mnr. Lodewyk Meyer is tans hoof van Die Bult Jeugsentrum wat gehuisves is op die perseel van die vorige Hoërskool Die Bult. Hy was vanaf 1985 tot 2000 'n onderwyser aan Hoërskool Die Bult. Ons bedank hom graag vir die ou jaarblaaie en ou foto's van die Hoërskool wat hy nog bewaar, wat hy tot ons beskikking gestel het sodat ons dit op hierdie webblad kan plaas.
Saturday, October 21, 2006
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
4 comments:
Anonymous said...
Baie dankie vir die tradisie en herinneringe wat op hierdie wyse bewaar word. Die Bult word nog gereeld deur oudleerders besoek en dit is waardevol om hulle na hierdie webtuiste te kan verwys.
Groete
Lodewyk Meyer
Hi Lodewyk,
Nogmaals dankie vir jou insette in ons pogings om die vriendskapsbande tussen almal wat op Die Bult 'n draai gemaak het, lewendig te hou. Ek hoop dat baie oud-Dasse en oud-Onnies hierdie webtuiste sal ontdek!
Hoop ons sien jou op die volgende beyeenkoms.
Beste wense,
Peet.
2010 Groete aan alle oud Dasse. Ek was op die Bult van 1984 tot 1986 waarna ek gematrikuleer het en voort is Weermag toe vir 2 jaar. Ek is ewig dankbaar vir my 3 jare op die Bult, dit was my ommekeer in die lewe en ek pluk vandag die vrugte daarvan. Ek was Hoofseun in 1986 en inwoner van Huis Voorwaarts, dankie tannie Ans en Oom Bart Oostuizen vir al jul liefde en onderig.
Carlo Roberts
0824664180
Hi daar,ek was n das van 1990-1991,dis lekker om te hoor dat die skool nog aan die gang is,sterkte aan al die dasse daar,en hou die skool se naam hoog.
Dankie
Louis
Post a Comment